Gastroskopie My ondervinding sonder sedasie of narkose

 

My ondervinding van `n gastroskopie ( kamera sluk) sonder sedasie (die middle Dormicum word binneaars gespuit – wat jou lomerig maak en veroorsaak dat jy nie kan onthou wat gedoen of gesê word nie – maar dat jy nog kan reageer op wat die dokter vir jou vra bv. om te sluk). Die rede waarom ek besluit het teen sedasie,was om heel tyd van alles om my bewus te wees.

Hoekom moes ek vir`n gastroskopie gaan –  omdat ek erge sooibrand en soms `n brand gevoel in my maag gehad het. Met tye het ek ook sluk problem ondervind – die kos wou nie afsluk nie al het ek dit fyn gekou.

Die afspraak is gemaak by die Dr. se Prosedure kamers.

Die kamers se ontvangs dame het my ingelig van die volgende:

  • Moet niks die vorige aand vanaf tien uur (22h00) eet of drink nie.  Die rede vir die uithongering is dat enige onverteerde kosse die ondersoek kan bemoeilik en dus kan die dokter nie `n behoorlike diagnose maak.
  • As ek bloeddrukpille drink kan ek die drink met so `n mondvol (50ml) helder water so twee ure voor my opname tyd. Ek is gese om agt uur by die kliniek te wees. (08h00) So ek het die pille so sesuur gedrink.
  • Iemand moet my vergesel om my huistoe te vat vir indien ek wel sedasie kry sou ek nie regkom met die sluk van die kamera nie.

Met my aankoms by die Prosedure kamers so teen agtuur is ek deur vriendelike en behulpsame personeel ontvang.                                                                                                                                                                                                                               Dit het my op my gemak laat voel.

Die ontvangsdame voor by die toonbank was behulpsaam om die nodige toelating(papierwerk) te doen.

Daarna is ek in die bekwame hande van opgeleide verpleegpersoneel gelaat wat my na`n pasient“cubicle”geneemhet. 

Ek het opgemerk dat dit goed toegerus is met 1. `n pasient trollie met kotkante   wat op en af kan trek.        2.  Daar was `n hartmonitor, suurstofmeter   en `n suigapparaat (moes vra wat dit was)                3. Om die hoek was `n aparte toilet en handewasbak.

Wat my opgeval het was dat daar `n muur klokkie  binne bereik was bokant die trollie en ook in die toilet wat ek

kon druk in nood. Dit het my ook verder gerusgestel.

Ek is aangese om net my skoene uit te trek – my klere kon ek aanhou – en gemaklik op die trollies te le. Die verpleegkundige het gevra of ek `n ligte kombersie wil he oor die laken, wat baie welkom was.Ek weet nie of dit regtig so koud was – miskien bietjie senuweeagtig.

Die verpleegkundige het toe my bloedruk, pols en asemhaling geneem.

Daar is ook baie vrae gevra oor my vorige siektes, operasies, allergiee en medikasies wat ek neem. All die vrae is noukeurig aangeteken. Ek moes ook toestemming teken vir die gastroskopie en biopsies(klein stukkies weefsel watgeneem word met n klein tangetjie wat dan ontleed word deur `n pataloog).Dan word dit stil na al die papierwerke gedoen is. Dit is wanneer daar `n duisend gedagtes deurjou kop vlieg – hoe voel dit – sal ek die ding kan sluk –wat gaan die dokter daar kry en so hou dit aan!!!!!

Na omtrent vyf minute is ek op die trollie waarop ek gele het, na die prosedure kamer gestoot. Daar is ten minste twee verpleegkundiges wat my kom groet en gerusstel. Dan word die bloeddruk, pols en EKG Monitor (hart  monitor)word weer gekoppel.Daar is ook ‘n apparaat wat op jou vinger knyp wat die suurtof in jou bloed meet (saturasie).

Omdat ek heeltemal wakker en by my positiewe is neem ek alles waar.

Die plek lyk soos n teater (klein operasie saal) – twee trollies met TV skerms op en ander masjiene. Daar is ook .n narkose masjien en ‘n masjien wat suurstof gee en ‘n ander trollies met nood medisyne op – die verpleegkundiges wys my die dinge en beantwoord my vrae. Gerustellend.

Dan kom die Dokter.Hy vra my of ek gereed is en nog sonder sedasie die kamera wil sluk. Ek bly braaf en bevestig dit weer vir hom.dan vra hy my om op my linkersy te draai en my so reg te skuif dat ek ook op die TV skerm kan sien. Dan verduidelik Dr. weer die hele proses van wat hy gaan doen as hy die skoop in my keel gaan afdruk. Dan moet ek my mond oop maak, en my asem  inhou, sodat hy die verdowingsmiddel in my keel kan spuit.  Dit smaak sleg vir n sekonde, maar nie te erg nie.

Dan begin die prosedure.  Ek moet`n mondstuk tussen my tande vasbyt. (beskerm die swart pyp van die kamera dat dit nie per ongeluk stukkend gebyt word nie ) Suurstof pypie word aan mondstuk gekoppel. Ek kan voel hoe blaas die suurseof liggies teen my wang. Die gastroskoop pyp  word deur die mondstuk in jou keel af te paseer.Dan vra hy om te sluk en die pyp gly deur die stembande in die slukpyp af. Op die stadium voel dit asof jy wil braak. Dr. verseker jou dit voel so maar om net te ontspanen die gevoel gaan oor. Ek kan duidelik alles sien op die TV skerm. Stembande – slukderm dan maag. Deurentyd verduidelik Dr. alles wat hy sien en waar hy kyk. Hy wys my ook duidelik hoe lyk my mantelvlies breuk en hoe dit deur druk in die borskas. Hy neem ontsteking in die maag waar en ook die begin van ‘n klein maagseer.

Dan vra die Dr. vir ‘n biopsie tangetjie.  Hy verduidelik vir my dat hy ‘n klein stukkie van die ontsteekte weefsel en maagseer wil neem sodat dit ondersoek kan word. Dit gaan nie pynlik wees nie. Dit gaan lyk asof dit baie bloei maar dis nie so nie want die beeld is baie vergroot. Soos Dr. verdudelik het voel en sien ek dit. Glad nie erg nie.  Daar het nou baie speeksel in my mond gevorm wat maklik uitloop deur die mondstuk op die “linnensaver”. Dan voel ek hoe die speeksel uitgesuig word en die pyp teruggetrek word – en dan is die pyp uit. Mondstuk word verwyder. Skoon linnensaver word onder my kop gesit en my mond word afgevee.  Alles is verby en ek is WAKKER.  ALLES GESIEN WAT DR. VERDUIDELIK HET. Al die toue is nou van my arms en vinger afgehaal – na die verpleegkundige die bloedruk en pols aan die Dr. gelees het.  Ek is weer na die “cubicle”gestoot. My bloeddruk en pols is weer geneem.    Ek is gehelp om regop te sit.

Na ‘n rukkie het Dr. my weer kom sien en weer verduidelik wat hy waargeneem het en die verdere behandeling. Oor ‘n week kry hy eers die verslag van die pataloog af en dan sal die kamers my daaroor bel.  Hy het my voorskrif gegee en ook my siekbrief vir die werk.

Die verpleegkundige het my ook ‘n lys gegee van wat ek mag en nie mag nie.    

Ek kon toe dadelik huistoe gaan na die ontvangsdame my die afdrukke (fotos) en verslag gegee het.

Wonderlik om dit so te gedoen het – dadelik helder geweet en verstaan wat met my verkeerd is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *